Wildsfees Web Banner

14-15 JUNIE 2024

VICTORIA-WES

KOM HOU SAAM WILDSFEES EN KUIER SAAM MET DIE KAROO EN SY MENSE

Ons wil u hartlik uitnooi om die datum van 14 & 15 Junie 2024 op u kalender aan te teken. Hier word daar gelag, gesels en gedans tot in die vroeë oggendure. Moet dit nie misloop nie.

Victoria-Wes Wildsfees is ‘n unieke fondsinsameling-projek deur die gemeenskap vir die gemeenskap.  Die wildsfees fonds word bestuur deur die KVB Gemeenskapsfonds Trust, wat grootliks ondersteuning bied aan ons plaaslike ouetehuis, Huis Frieda Kempen, asook ons plaaslike privaat laerskool, Elior Akademie.

Die Victoria-Wes Wildsfees is uiters gewild en toon elke jaar nuwe groei, wat ons toeskryf aan die feit dat ons poog om dit vars en innoverend aan te bied.  As ‘n gemeenskapsprojek, lê Victoria-Wes Wildsfees die besigheids- & boerdery gemeenskap van Victoria-Wes baie na aan die hart.

PROGRAM

Volledige program sal bietjie later beskikbaar wees. Maar hier is solank lusmakers…

TOEGANGSFOOIE

GASKUNSTENAARS

Gaskunstenaars vir 2024 sal binnekort bekend gestel word, maar hier is solank 2023 se gaskunstenaars.

JAGPAKKETTE TE WEN!

KOMPETISIES

Kompetisies vir 2024 sal binnekort bekend gestel word, maar hier is solank 2023 se kompetisies.

GEBEURE

Gebeure vir 2024 sal binnekort bekend gestel word, maar hier is solank 2023 se gebeure.

STALLETJIES

Besprekings vir stalletjies sal binnekort oop wees. Hou ons facebook en instagram dop vir aankondigings…

Bring jou hartsproduk, jou positiewe bemarkingsenergie en kom maak deel uit van ons “Karoo-Lekkerte” fondsinsameling ten bate van ons gemeenskap!

Vir navrae kontak ons by [email protected]

lootjies

jagpakette

Koop ‘n lootjie teen R100 en staan ‘n kans om een van die volgende jagpakkette te wen.

Termes & Voorwaardes

Pakket 1, 2 en 3 sluit dagfooi en 2 nagte se selfsorg akkommodasie vir 4 persone in.

Trekking geskied Saterdag, 15 Junie 2024 by die Victoria-Wes Wildsfees.

Jagpakkette is geldig vir 3 maande na trekking en die pakkette is nie oordraagbaar nie.

Koop nou jou lootjie vir slegs R100 en staan ‘n kans om een van die jagpakkette te wen!

KONTAK ONS

Wil jy meer weet oor Victoria Wes Wildsfees of het jy net ‘n algemene vraag? Vul die vorm in en ons sal terugkom na jou toe.

7 + 2 =